Welkom by NG Kerk Alberton-Wes

“U Lig dring ons om Lief te hê!”


NG Gemeente Alberton-Wes

Die gemeente van Alberton-Wes vorm deel van die gelowiges binne die Ring van Alberton. Daarom het ons deel het aan die uitbou en opbou van God se Koninkryk.

Die voortdurende groot ontdekkingsreis is om opsoek te wees na die wil van God en die verantwoordelikheid wat ons het teenoor die gemeenskap. As die oudste NG Kerk Alberton glo ons dit ons ons verantwoordelikheid om nie net letterlik nie, maar ook om geestelik ‘n baken in die dorp van Alberton te wees.

Die premêre taak is natuurlik om die evangelie van Jesus Christus vir Alberton te bring om die gemeenskap gemotiveerd te hou in hulle omstandighede en om as geroepenes ons plek die wêreld vol te staan. Mag die Here deur ons werk, sodat, Sy koninkryk kom.

Visie

Die gemeente se visie is: “U LIG dring ons om lief te hê!” Die visie is gebaseer op Jesaja 60:

“Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.”

Ons leef in die gemeenskap saam met die gemeenskap, dienend. Dit alles omdat God se Lig (hierdie Lig word met ‘n hoofletter gespel, omdat dit verwys na Jesus Christus) ons dring om lief te hê! As gelowiges wat deel is van die liggaam van Christus kan natuurlik mos nou nie anders nie. Ons word daartoe geroep.

Ons is daarvan oortuig dat ons as gemeente ‘n groot rol het om te speel in die uitbou van God se koninkryk.

Projekte en Betrokkenheid

Projekte sluit in plaaslike voedingskemas, Bybelplasings en buite die plaaslike areas hulp in die sendelingveld. Ons het ‘n klomp befondsingsprojekte, wat insluit ons jaarlikse Wynveiling, Basaar en Gholfdag. Hierdie projekte lewer groot bydrae tot die finansiering van die bediening in die gemeente.

Voetspore van Hoop is ‘n Vroeë Kinderontwikkelingsentrum in Griekwastad wat ook van ons uitreikpunte uitmaak. Daar word baie hard gewerk en gebid vir hierdie projek. Dit is vir ons as gemeente ‘n trots dat ons (NG Kerk Alberton-Wes, NG Kerk Griekwastad en VGK Griekwastad) die VKO-sentrum bestuur en ook so koninkrykswerk doen as vennote. Ons beskou hierdie aksie as ‘n groot sukses.

Dan is ons betrokke by Huis de Beer wat ook onder die sorg van die gemeente staan. Op maandelikse basis word daar hulp verleen en spesiale geleenthede word vir die seuns geskep.

Klem word geplaas op ons gesinsbediening, omdat gesinne vir die kerk uitersbelangrik is.. Daar word gepoog ‘n meer gefokusde gesinsdiens aan te bied asook ‘n meer praktiese uitvoerbare gesinsbediening wat onder andere kategese skool, junior diakonie, #IMAGINE, laerskoolkamp, kinderpinkster, jeugaktiwiteite en omgeegroepe vir die jeug en jongvolwassenes insluit. Inderdaad is daar ‘n positiewe resultaal sigbaar in die betrokkenheid van gesinne in die gemeente.

Die gemeente se omgeegroepbediening is vir ons noodsaaklik. Daarom word lidmate aangemoedig om om voort te bou op die bestaande omgeegroepe en om hierdie bediening op ‘n meer gefokusde basis uit te brei deur nuwe groepe te stig.

Kom wees deel van ons verhaal…


KONTAK

Kontak die kerkkantoor by info@ngkalberton.co.za / 011 869 0001

Algemene Inligting

LERAAR: Ds Deon Louw
079 693 3670

Ds. Gerhard van Staden

076 645 4884

KERKKANTOOR: Deona Bernard
082 802 8242 of 011 869 0001
info@ngkalberton.co.za

Maandae tot Vrydae: 08h00 tot 14h00

KOSTER: Vicky Bernard
072 510 5859