Welkom by NG Kerk Nigel-Suid

08 Desember 2024

Woordverkondiging / Sakramente

Siekte / Pastoraat: Ds.Chris Engelbrecht , 082 561 9081

Aflos predikers: Ds. Sarel Visser 0828951982; Ds. Sam Heine 0832762822; Ds. Cobus Rossouw 0827745662; Dr. Johan Pienaar 0833761860

Gemeentebestuurder : Dr. André Botha, 0791335144

Baie geluk aan almal wat die komende week verjaar asook enige Huweliksherdenkings

SONDAG:         08 Des: Jana Claassens; Marika Ras     

MAANDAG:      09 Des: AJ Cronjé; Cathy Owen

DINSDAG:         10 Des:

WOENSDAG:    11 Des: Grietha Calitz; Tiaan Fouché; Albert van Niekerk

DONDERDAG:  12 Des: Hester Ferreira; AJ Gentle; Marietjie Kotze; Pippie Stapelberg

VRYDAG:          13 Des: Leon Nieuwenhuys; Jannes Swart

SATERDAG:     14 Des: James Badenhorst

Gemeente bediening

 Gevalle van lidmate wat ernstig siek is, gehospitaliseer word of operasies moet ondergaan, moet asb. by Ds. Engelbrecht (0825619081), kerkkantoor of wyksouderling/diaken aangemeld word.

  • Lig asb die kerkkantoor of die wyksouderling/-diaken in omtrent verandering van kontakbesonderhede en/of adresse.

Baie welkom aan Ds. Cobus Rossouwr wat die prediking vanoggend hanteer.  Ons bid die Heer se seen oor ons verrigtinge

WEEK SE PROGRAM:

SONDAG 08 Desember 2024
08h30: Koffie- kuier- kerk (voor Erediens)
09h00: Erediens & doop
Prediker: Ds. Cobus Rossouw
Orrelis: Rekenaar
 
Woensdag 11 Desember 2024
Geen  Manne gebedsbyeenkoms en geen Gemeente bybelstudie nie
 
SONDAG 15 Desember 2024
09h00: Erediens
Prediker: Ds. Sarel Visser.
Orrelis: Rekenaar
Geen koffie en tee na Erediens
 
VOORBIDDING WORD GEVRA VIR:  Johan van Deventer; Mercia & Martin Viljoen; Christa & Christo Fourie; Piet du Toit; Johan Marais; George Enslin; Ds. & Mev. Burgers; Mariska Schoeman ; George Cilliers, André & Jacobé Botha met dogter Hesti Greeff en broer Willie Oosthuizen se siektes;

Indien u bewus is van ‘n gemeentelid wat ernstig siek is,of deur ‘n krisis gaan, kontak asb die Kerkkantoor of  Ds. Chris Engelbrecht

Kalender 2025: Beskikbaar in die voorportaal  van die Kerkgebou.
Neem asb slegs een per gesin

LIDMAATBESONDERHEDE EN NUWE INTREKKERS:

Ons vra steeds dat ELKE gesinshoof  asook nuwe intrekkers ‘n vorm in die voorportaal  neem, dit voltooi en by die kerkkantoor indien.(As u dit reeds gedoen het, baie dankie vir u samewerking)  Hiermee word beoog om ons lidmaat- en wyks- register op te dateer sodat ons ons werksaamhede beter kan doen en ook aan die POPI wetgewing voldoen. Dit sal ook help om u korrekte kontakbesonderhede aan te dui sodat u korrespondensie op die gemeente se Whatsapp Inligtingsgroep kan ontvang. As u weet van mense wat die kerk of dorp verlaat het, skakel asb met André Botha by die kerkkantoor.

Preekbeurte: Ons is baie dankbaar dat ons geseënd is met die dienste van Ds. Chris Engelbrecht, wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir berading, sieke- en doodsbegeleiding en alimentasie. Dan is ons ook geseënd met ons aflospredikante : Dr. Johan Pienaar, Dr. Dewyk Ungerer, Ds.Sarel Visser, en Ds.Cobus Rossouw wat reeds geskeduleer is om die  preekstoel te beman vir elke erediens  vanaf 5 Januarie 2025 tot 7 Desember 2025. Aan God al die eer wat Sy werke in stand hou

Koffie-kuier-Kerk: Die Kerkraad het besluit om een Sondag per maand koffie en tee voor die Erediens te bedien. Die vrouediens sal dus koffie en tee om 08h30 buite die kerkgebou bedien, waartydens gemeentelede gesellig saam koffie/tee drink en selfs  binne die kerkgebou voordat die Erediens om 09h00 begin. Die volgende geleendheid is op 08 Desember 2024

Voorstel- kassie: kwellende vraagstukke

Gemeentelede is welkom om voorstelle anoniem in die voorstel kassie in die voorportaal te laat. Ons sal dan poog om die voorstelle op ‘n gepaste wyse te hanteer, bv. Prediking  , literatuur , gesprekke, ens

Rekenaar operateurs: Ons benodig dringend vrywilligers met rekenaargeletterdheid, om opgelei te word om tydens eredienste die rekenaar/ klank te behartig. Belangstellendes kan die kerkkantoor skakel vir meer inligting oor besoldiging ensomeer

Gemeentelede voorgestel as kerkraadslede:

Tydens die Kerkraadsvergadering van 18 November 2024 is die volgende persone verkies tot die ampte:

As Ouderlinge: Jan Oberholzer; Schalk Neethling; Marie Neethling; Debra Hartley

As Diakens: Hein van Aswegen; Lizelle Fouché; Pieter Badenhorst; Sally Badenhorst; Louisa Nieuwenhuys; Pieter Snyman (jnr) Juanita Coetzer; Colette Cronjé. Voorbidding word gevra vir die genoemde persone wat moet antwoord op hierdie verkiesing

Alimentasie:  Kersete: 17 Desember 2024 Ons poog om elke jaar met Kerstyd ’n kersete vir ons behoeftige lidmate te bied. Finansiële donasies word versoek vir hierdie geleentheid, asb. Dit kan op die Kerk se bankrekening inbetaal  of per gemerkte koevert in die kollekte houer geplaas  word. Baie dankie by

Kategete benodig vir 2025:

Ons benodig dringend Kategete vir die volgende klasse: Gr. 3,4, 9

As u geroepe voel, skakel asb vir Colette Cronjé by 0761416071

Gesamentlike dienste Desember 2024: Nigel-Suid se
gewone Eredienste vind soos normaal plaas op 1, 8,15, 22, 25, 29 Desember en 5 Januarie 2025 . Die Hervormde gemeente sluit by ons aan op 22, 25, 29 Des en 5 Januarie 25 terwyl daar
op Versoeningsdag (16 Desember) ‘n Diens by die Hervormde kerk gehou word.  NG Moedergemeente sluit op 22, 25 en 29 Desember by ons gesamentlike dienste aan.

Gehoortoestelle: Gemeentlede wat sukkel met hulle gehoortoestelle wat binne die kerkgebou nie na wense funksioneer nie, word gevra om die kerkkantoor hieroor in kennis te stel sodat ons kan kyk hoe ons die probleem kan aanspreek, deur moontlik  magneetveldsensors  in ‘n sekere deel van die kerkgebou te installeer

Gedenkmuur:

Ons kry gereeld navrae oor kostes van ‘n nissie in ons gedenkmuur..

Bespreking van nissie: R1500;  Graniet steen: R 320;  Vol gravering: R 350  Totaal: R 2170

Indien u reeds bespreek het, hou asb die kwitansie as bewys van betaling

Skakel vir André by die kerkkantoor vir inligting.

PREEKBEURTE IN DESEMBER 2024:

1 Des.: Ds. Sarel Visser

8 Des: Ds. Cobus Rossouw

15 Des: Ds. Sarel Visser

22 Des: Ds. Cobus Rossouw

25 Des: Dr. Johan Pienaar

29 Des: Ds. Chris Engelbrecht

5 Jan 25 : Dr. Johan Pienaar

Neem asb kennis dat ons epos adres verander het na:    admin@ngnigelsuid.co.za

Beurtkrag beduiwel ons normale funksionering, so ook hier by die kerk, maar ons is geseën in die opsig dat ons ‘n fase 3 kragopwekker het wat krag gee vir wanneer ESKOM nie kan nie .

Dankoffers:  Elektroniese inbetalings – NG Gemeente Nigel-Suid –

FNB rek 627 000 35654 – Tak 250542 – # Naam van lidmaat en wyk