OOSHOEK SE REIS
Die Ned.Geref.Gemeente Ooshoek is geleë in die Bloemspruit hoewegebied aan die oostekant van Bloemfontein. Die gemeente is 67 jaar oud, gestig op 29 Mei 1951. Hoewel dit vroeër ‘n florerende gebied was met goeie infrastruktuur, het dit oor die jare baie agteruit gegaan agv die groeiende informele plakkerskampe wat dorpstigting voorafgegaan het, met die gevolglike ontvolking en verhuising van baie lidmate na stadsgemeentes.
Huidiglik het Ooshoek 200 ingeskrewe lidmate, maar die erediens Sondae word bygewoon deur ongeveer 150 persone, waarvan 45 met twee bussies vervoer word. Ooshoek is baie trots daarop om enigeen wat aanmeld onvoorwaardelik met Jesus se liefde te aanvaar, en deel te maak van ons geestelike familie.
Agv armoede wat hoogty vier, verskaf ons elke Sondag kospakkies aan 30 gesinne, en eenkeer per maand eet die hele gemeente saam ‘n gratis maaltyd. Die verskillende bedieninge fokus voortdurend op werkskepping, armoedeverligting en lidmaatbemagtiging. Omdat die lidmate nie in die vermoë is om volhoubare substansiële maandelikse bydraes te maak nie, word die gemeente grootliks finansieel gedra deur die Vrystaatse Sinode van die NG Kerk, tesame met verskeie vennote wat hulself daartoe verbind het om volhoubaar betrokke te wees. Ooshoek lê die breër gemeenskap in Bloemfontein en die Vrystaat baie na aan die hart, en daarom hulle volgehoue ondersteuning.
Ooshoek het ook ‘n nie-winsgewende organisasie op die been gebring wat die barmhartigheidsarm vorm om bg doelwitte aan te spreek. Die “Bloemspruit Community Centre” bestuur en bedryf die kospakkies, gemeente etes, ‘n werksklas wat konsentreer op vaardigheidsontwikkeling en entrepeneurskap, ‘n dienssentrum vir bejaardes, ‘n “early child development” speelgroepie, asook ‘n kwartaallikse kleremark vir behoeftiges.
Ooshoek is bevoorreg om ‘n eie voltydse predikant te hê in die persoon van ds. Pikkie Maritz. Die Kerkraad en die verkose diensleiers verskaf die geestelike leiding en beleid. Ons glo aan soveel as moontlik deelname. Gevolglik word daar kwartaalliks leiersvergaderings gehou ten einde almal by die prosesse in die gemeente betrokke en ingelig te hou.
Ooshoek bedryf elke Saterdag en vakansiedae ‘n kosstalletjie by ‘n groot winkel in die stad. Vier spanne van 8 mense werk en woeker om die beurt om op hierdie manier fondse te in om ons voertuie in stand te hou sodat diegene sonder vervoer die eredienste en ander aksies kan bywoon.
Openbaring 2:8 is van toepassing op Ooshoek: “Ek weet van julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk.”
By Ooshoek vra ons nie vrae nie…ons help en gee eers onvoorwaardelik, ons sal jou liefhê, en dan sal jy sélf jou storie vir ons vertel…
Ons neem dan ook nou die vrymoedigheid om te vra vir voorbidding vir die pragtige werk wat Ooshoek doen hier waar God ons geplant het om te blom met die hele Bloemspruit gemeenskap voor oë!
WEEKLIKSE AKTIWITEITE EN PROGRAM
Dinsdag: 09h00 – Vriendinneklub in die Kerksaal.
15h00 – Bussie vertrek vanaf die Kerk na CUT vir rekenaarklasse.
Woensdag: 09h00 – Werksklas met die oog op Entrepeneurskap by die Kerk.
09h00 – Sterretjies Speelgroep in die Kerksaal
(voorskoolse kinders wat nie meer doek dra nie)
Donderdag: 10h00 – Vroue Bybelstudie in die Kerksaal
Saterdag: 07:30 – Kosstalletjie by Builders Warehouse in Curielaan, Bloemfontein
Sondag: 09h30 – Erediens en Kategese
VOORBIDDING
Jan Myburgh, Klara vd Merwe, Koos Leonard, Piet Hugo, Hennie Buchler, Lydia Klopper, Kosie en Lue Kruger, Jaco Fick, Johan en Kleintjie Ferns, Alet Linde, Baba v Zyl, Johan v Eyssen.
ALGEMENE INLIGTING
LERAAR:
Ds Pikkie Maritz
Selnr 0823354433
E-pos:
pikkie@hadedahouse.co.za
KANTOORURE:
Maandae gesluit
Dinsdae tot Donderdae:
08h30 – 16h00
Vrydae:
08h30 – 13h00
ADRES:
Bardenstraat,
Lakeview,
Bloemspruit,
Bloemfontein
E-pos:
ooshoek@lantic.net
GEMEENTEBESTUURDER:
Alet v Aardt
Selnr 0824108341
OOSHOEK IN AKSIE
GESKIEDENIS
besig met die reis…
http://www.facebook.com/Ooshoek/