Welkom by NG Kerk Riebeek Kasteel

Kerk van Jesus Christus vir almal


Algemene Inligting

Dienstye
Sondae 09:30 (Somer & Winter)

Kerkkantoor
H/V Piet Retief Str & Skool Str.
Riebeek Kasteel 7307
Tel: 0224481 388
e-mail: ngkerkkasteel@telkomsa.net

Leraar
Andrè Du Plessis
Sel: 082 579 1886

Skriba
Nadine Le Roux
Sel: 078 866 2255

Koster
Ludi Lennox
Sel: 083 256 8208

Facebook
NG Kerk Riebeek Kasteel


Afkondigings

9 Junie 2019 – GEMEENTE ETE

Kom geniet ‘n heerlike middag saam as gemeente en vier al ons sëeninge wat van God kom.

R50 p.p


Program vir die Week

HUISBESOEK HIERDIE WEEK – GEEN

Dinsdag:       19:00  Gemeentebediening

Woensdag:  08:30  Gebedsgroep & Bybelstudiegroepies

19:00  Getuieniskommissie

Donderdag:  19:00  Eiendomskommissie


Verjaarsdae

‘n Gesëende Verjaarsdag aan almal!

19 Mei:  Pierre Blake, Janet Abrahamse, Coenraad Groenewald, Melanie Steenkamp

20 Mei:  Gert Gagiano, Eunice Swart

21 Mei:  Jan Dippenaar, Gawie Steyn(jnr), Koos Duminy

22 Mei:  Ansie Ludick, Botha Louw

23 Mei:  Martine van den Heever

24 Mei:  Pieter Bester(jnr), Matthew van Riet


Gebedshoekie:  Ons vra u voorbidding vir die volgende

Persone wat lewe met kanker:

Petro Köpke, Oom Wynand Laubscher.

Ander siekes / operasie:

Nicholas Steenkamp, Tom Joubert, Tannie Baba van den Berg,

Oom Gerrit Le Roux, Oom Jan de Clerk, Koos Duminy, Hennie Ludick,

Nelmarie le Roux, Elsie Nel, Tannie Ansie Roux. 

Oom Dawid Coetzee moet DV 21 Mei ‘n breinskandering ondergaan.

Baie geluk aan Lionel & Stephani Hugo met die geboorte van hul seun Louis

Tree in vir ons land – Daagliks om 12:00 as die kerkklok lui!:

Bid vir die komende Verkiesing, vir ons regering, bid vir elke landsburger. Bid vir vrede, verdraagsaamheid en wedersydse respek. Bid dat elke gelowige die vrug van die Gees sal uitstraal. Bid ook dat ons gemeenskap Jesus se liefde teenoor mekaar sal leef.

Ons vra ook volgehoue voorbidding vir die reënseisoen wat voorlê. Laat ons volhard in die gebed, en laat ons die Here bly vertrou dat Hy op Sy tyd die reën sal stuur wat ons so nodig het….

Psalm 103:1: “Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek Sy heilige Naam loof.  Ek wil die Here loof en nie een van Sy weldade vergeet nie….”


Opsomming van Sondag  19 Mei 2019 se Boodskap

2 Korintiërs 5:11-6:1: “Christene is nuwe mense!”

Families lyk na mekaar, en in die kerk is ons almal een GROOT gesin – God se gesin!  Die Bybel sê baie duidelik vir ons dat die wêreld ons moet kan herken as God se kinders, net soos mens ‘n baba kan herken as deel van ‘n sekere familie of gesin.

Mense wat deur Jesus nuutgemaak is, lyk almal verskillend, maar hulle harte is nuutgemaak.  Daarom word christene as nuwe mense nie uitgeken aan hoe hulle lyk nie, maar aan hoe hulle optree.  Mens ken ‘n christen as lid van God se gesin dus uit aan wat hy doen – sy optrede.  2 Korintiërs 5:17 sê: “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens….”

As mens ‘n glas wat vol water is, stamp, stort die water oor die rand.  In Matteus 12:34 staan: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor….”   Dis dan ook hoe die wêreld ons kan uitken (herken) as kinders van die Here: Aan dit wat ons “uitstort” as ons onverwags deur die lewe “rondgestamp” word.


Volgende Eredienste

26 Mei:  09:30  Kinderdiens & Kategese

2 Junie:  09:30  Erediens, Kinderkerk & Kategese

3 Junie – 6 Junie:  19:00 Pinksterbiduur (Sop & Broodjies na afloop van diens)                                                                                              Kollektes gaan vir Bybelgenootskap.

9 Junie:  PINKSTERFEES  09:30  Erediens, Kinderkerk & Kategese


TROU IN ONS KERK – Basiese Inligting

AAN VOORNEMENDE HUWELIKSPARE

Die Kerkraad verwelkom u aansoek om u huwelik in die NGK Riebeek-Kasteel te laat bevestig.  Ons vertrou dat hierdie dag vir u tot groot seën sal wees.  Saam met u is dit ons wens dat die plegtigheid Godgewyd en in die Naam van Christus sal geskied.

Omdat die Gemeente ‘n baie gewilde kerk vir huwelike is, is dit nodig dat daar bepaalde orde reëlings sal wees.  Ons vra vriendelik u samewerking en begrip vir die volgende:

  1. ALGEMEEN

Vir die Gemeente van Riebeek-Kasteel is hierdie kerkgebou ‘n baie spesiale plek waar God en gemeente gereeld ontmoet.  Die Kerk is baie ryk aan Chistelike simboliek.  Ons wil hê dat al ons besoekers bewus sal wees van hierdie simboliek en dit nie sal probeer vervang of uitskakel met “on-Christelike” gebruike nie.  Met ander woorde, die kleredrag, stemming, musiek, versierings en seremonie wat saam met die huweliksdiens gepaard gaan, mag nie hierdie gewyde Christelike atmosfeer vertroebel nie.  Byvoorbaat dankie vir u bedagsaamheid.

  1. BESPREKING

Die bespreking is slegs geldig sodra die aangehegte vorm behoorlik ingevul en saam met die huweliksfooi by die Kerkkantoor ingehandig is.  Onder geen omstandighede mag daar aan die tyd waarop die huwelik sal plaasvind verander word sonder dat u die kerkkantoor geraadpleeg het nie.

  1. HUWELIKSFOOI

Die huweliksfooi is R2200       (Lidmate van NG Kerk Riebeek Kasteel is R800)

Riebeek Kasteel Leraar  =   R500

Koster  =  R300

Orreliste =  u moet asb self met orreliste skakel en uitvind wat haar tarief is en haar direk betaal.

Die volle bedrag is betaalbaar met die bevestiging van die kerk. 

Hierdie bedrag moet so gou moontlik, nadat u die bespreking gemaak het inbetaal word.  U kan kontant of elektronies u betaling doen.

Ons bankbesonderhede is:

NG Kerk Riebeek-Kasteel

ABSA Malmesbury (334-307)

Tjek Rekening: 380 580 004

E-mail u bewys van betaling na: ngkerkkasteel@telkomsa.net

 Enige kansellasie moet’n minimum van drie maande vooraf geskied.   

4. KOSTER

Die koster is Mnr. Ludi Lennox. Tel: 022-4481486  / Cell:  083 256 8208                                                    Dit is u verantwoordelikheid om die koster direk te kontak ivm u troue en so lank as moontlik voor die tyd.

Die koster word deur die kerkkantoor van u troue in kennis gestel, sodra u die besprekingsvorm en die bewys van betaling aan die kerkkantoor verskaf het.

U moet asb vooraf self met die koster kommunikeer i.v.m. ‘n geskikte tyd om u blommerangskikkings in die kerk te bring. Laat weet asb minimum ‘n  week voor die tyd van die finale tye en rëelings.

U is geregtig op een oefenlopie voor die troue, weereens rëel asb met die koster.

Dit is ook u verantwoordelikheid om een week voor die troue met die koster, huweliksbevestiger en orrelis te bevestig dat alles nog in orde is en indien enige veranderinge wat aan die oorspronklike reëlings aangebring is,      hul in kennis te stel.

ELEKTRONIESE APPARAAT

Die Kerk beskik oor sy eie klankstelsel/ Powerpoint

Onder geen omstandighede mag enige elektroniese apparaat aan die Kerk se klanksisteem gekoppel word sonder koster se toestemming en toesig nie.  Die   koster behou die reg om sulke apparaat onmiddellik, sonder waarskuwing af te skakel.

Dit is u verantwoordelikheid om iemand aan te stel wat u klank, musiek etc. hanteer.

DVD OPNAMES:

DVD opnames word toegelaat, maar moenie steurend wees vir gaste/bruidspaar tydens die huweliksdiens   (bv. skerp ligte) nie.

Die volledige riglyne vir die gebruik van die kerk is beskikbaar by die kantoor, en sal saam met die besprekingsvorm aan u gestuur word op aanvraag.

Indien u enige verdere vrae het kontak gerus die kerkkantoor per mail of telefonies.

 Ons bedank u voorlopig vir u samewerking en begrip.

 

Mag 1 Kor 13:13 van u waar wees!

“En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie.  En die grootste hiervan is die liefde!”

ALGEMEEN

KOMMISSIES, BEDIENINGE EN AKTIWITEITE

Dis belangrik om daarop te wys dat al die kommissies oop kommissies is, wat beteken dat enige persoon wat die gawe of belangstelling het om ‘n bydrae tot enige van die kommissies te maak, welkom is om daarby aan te sluit.  Al die kommissies vergader kwartaalliks op datums soos op die Kerkalmanak aangedui, en hierdie is dan ‘n ope uitnodiging om betrokke te raak by die werksaamhede van die betrokke kommissie(s), bedieninge en/of aksies waar jy ‘n bydrae kan lewer.

  1.  GETUIENISKOMMISSIE:  Hierdie kommissie koördineer en bestuur alle aksies en bedieninge wat verband hou met die gemeente se getuiens na buite.  Die volgende aksies/bedieninge ressorteer onder die Getuieniskommissie:     *Plaasbediening  *  “Dream Again Foundation”  *Bybelvasvra     * Riebeek-Wes Gevangenis  * SAPD  * Ruyterwacht Senior Sentrum                           * Canzibe Sending    * Oekraïne Sending  * Steinthal Kinderhuis  *  Interkerklike aksies en Sinodale Werksaamhede  *  Samewerking & Ondersteuning van plaaslike VGK

2.  JEUGKOMMISSIES:  Die Jeugkommissie is verantwoordelik vir die koördinering van alle Jeugwerk in die Gemeente.  Die volgende bedieninge / aksies ressorteer onder die Jeugkommissie.  *Doopkategese  *  Kategese  * Kleuter & Kinderkerkbediening  * JIP Naweke & Kampe  * Jeug Uitreike en Jeugbyeenkomste  *  Tekkiedienste  * Kinderdienste  *  Gesinsdienste

3..GEMEENTEBEDIENINGSKOOMMISSIE:


KONTAK ONS

Epos: ngkerkkasteel@telkomsa.net

Landlyn:  022 – 4481388

Kantoor Ure:  Maandag – Vrydag   08:00 – 13:00

Vakansie Dae:  Toe

Desember Vakansie:  Toe

FACEBOOK:  NG Kerk Riebeek Kasteel