

Oorsig | Opnames en Dokumente | Kontak Kerkkantoor
Oorsig
Ons is trots en dankbaar om ‘n gereformeerde kerk te kan wees.
Ons belydenis, eredienste, liturgie, sang en spiritualiteit is geskoei op die gereformeerde beginsels.
1. Saam met al die ander Christelike kerke aanvaar en bely ons die drie Ekumeniese Belydenisse:
- Die Apostoliese Geloofsbelydenis (Apostolicum of Die Twaalf Artikels)
- Die Belydenis van Nicea
- Die Belydenis van Athanasius.
2. Saam met die ander Gereformeerde kerke aanvaar en bely ons ook die volgende:
- Die Nederlandse Geloofsbelydenis
- Die Heidelbergse Kategismus
- Die Dordtse Leerreëls
Ons glo dat bogenoemde belydenisse in ooreenstemming is met die Bybel en daarom aanvaar ons dit op die quia-standpunt: omdat dit met die Woord ooreenstem.
Belydenis en aktuele standpunte
- Ons aanvaar nie die Belydenis van Belhar as deel van ons belydenisgrondslag nie.
- Kindernagmaal: Ons bedien die nagmaal eers na openbare geloofsbelydenis.
- Selfdegeslag verhoudinge: Ons glo God het die huwelik ingestel as ‘n vaste verbintenis tussen een man en een vrou. Ons glo ook dat die seksuele verhouding tussen twee mense vir die huwelik gereserveer is.
- Verklaring oor Selfde Geslag Verbintenisse
- Ons steun ook die Kairos Netwerk
Opnames en Dokumente
Boodskap vir Sondag 25 Oktober 2026
Hervorming… ek glo. (Hebreërs 11:1-20 en 12:1-3) Proponent Jannie Botha.
Volg gerus die direkte uitsending van die erediens op Facebook om 9:00.
Laai Stemsnitte van Boodskappe hier af
Afkondigings 25 Oktober 2026 Handdruk Oktober 2026 Kerk by die Huis Oktober 2026 Kalender 2026
Die Saaier No 252 – Augustus 2026
75 Jaar Feesblad – Hoë Resolusie
Sinodale Begroting 2025 tot 2026 en Spandering van elke R100
Toestemmingsvorm wat voltooi moet word deur alle lidmate ingevolge POPI wetgewing
Kairos Netwerk Inligtingstuk
Nuutste Kairos Netwerk Nuusbrief
Verklaring oor Selfde Geslag Verbintenisse (Dolering)
Sien ook skakels onder aan bladsy vir Argiewe van Audio & Video snitte, Handdruk en Kerkbode.
Elektroniese betalings (vir byvoorbeeld offergawes, maandelikse dankoffer, betalings by kermis, donasie of enige ander doel) kan nou maklik gemaak word met jou selfoon en die Zapper-app of Absa Masterpass. Skandeer die spikkelkode en maak die betaling.

Stappe/Instruksies om Zapper betaling op jou selfoon te maak:
Laai die Zapper of Masterpass app af (Play Store of iStore) en koppel jou Debiet/Kredietkaart.
Maak die app oop en druk die PAY/SCAN knop in die middel van die skerm.
Skandeer die spikkelkode hierbo.
Tik die bedrag in wat jy wil betaal.
Tik in waarvoor jy betaal (offergawe / dankoffer / pannekoek ens).
Betaal.
Algemene Inligting
Leraar
Dr. Pieter Kruger
Kerkgebou
Hoek van Lowtherstraat en Hughesstraat, Witfield, Boksburg
GPS Koördinate: 28° 12″ 41.4′ Oos, 26° 11″ 08′ Suid
Eredienste
Oggenddiens 9:00
Kategese 10:15
Kerkkantoor
Tel nr. 063 636 6968
E-pos: NGKerkWitfield@GMail.com
Kantoorure
Maandag tot Vrydag: 8:00 – 15:00
Vroue Bybelstudies
Dinsdagoggend om 10:00
Bybelkursus
Woensdagaand om 19:00
Jeugaksies
SKJA (Hoërskool kinders): Vrydagmiddag om 18:00
Facebook
www.facebook.com/NGWitfield/