onsKerk het onstaan weens die behoefte wat duidelik geword het terwyl ek die afgelope maande landswyd met NG gemeentes in verbinding was rondom hulle gemeente-webtuistes – of dan dikwels die gebrek aan ‘n webtuiste!
Dit blyk dat baie gemeentes nog nie ‘n aanlyn-teenwoordigheid het nie, dikwels gewoon omdat dit ‘n redelike tyd- en koste-inset verg.
Soms is gemeentes – of dan diegene wat daarna moet omsien – ook nie seker hoe dit werk nie, en lyk dit na ‘n tegnologiese berg wat nie sonder heelwat groeipyne bestyg sal kan word nie…
Ek het onsKerk dus ontwikkel om dit vinnig, goedkoop en pynloos te maak om ‘n effektiewe, moderne webblad op dreef te kry wat vir gemeentes van goeie diens kan wees.
Neem deel, jou gemeenteblad sal in goeie hande wees!
Neels Theron