NGK Wilgerkant
Ons glo as gelowiges is ons saam deur God vergader. Ons glo as gestuurdes van God eer ons Hom, versorg ons mekaar, verleen ons hulp en bring ons hoop in hierdie wêreld in die Naam van die Here Jesus Christus.
NUUS
Wilgerkant NG Gemeente Golf Dag: 19 November 2023!!!
2022 se Golfdag was ‘n reuse sukses met 69 spelers wat die golfbaan volgepak het! Dankie aan elke borg wat bygedra het tot die dag se sukses.
Wilgerkant Gemeente hou weereens ‘n Golfdag by die Wagenaar Golfbaan. Ons het dus die grootste vrymoedigheid om u te nader. Ons sal dit hoog op prys stel as u dit ernstig wil oorweeg om ons Golfdag te borg. U kan R500 per Setperk of R500 per Afslaanbof borg. Dit staan u natuurlik vry om die volle gaatjie vir R 1 000 te borg!
Kontak Nelis van Wyk vir meer inligting.
Wilgerkant NG Gemeente Basaar: 30 November 2023!!!
2022 se Basaar was ‘n reuse sukses met R69000 ingesamel! Dankie aan elkeen wat bygedra het tot die dag se reuse sukses.
Wilgerkant Gemeente hou weereens ‘n Basaar in die Kerksaal. Ons het dus die grootste vrymoedigheid om u te nader. Ons sal dit hoog op prys stel as u alles in die stryd sal werp om betrokke te raak by enige van die tafels. Ons kan sekerlik verlede jaar oortref, al is dit net met R5000!
Kontak Ina van Wyk vir meer inligting en vir ‘n uiteensetting van tafels.
AFLAAI-AREA
Onlangse preke (PDF-opsomming / MP3-luister)
7 Mei: Ds Kobus – 7 Wonderwerke
14 Mei: Ds Kobus – Die Groot Vraag
21 Mei: Ds Kobus – God se Wens
Jaarkalender 2016 (PDF)
Klik om oop te maak of regs-kliek om te Save
Omgeegroepe (PDF)
WEEKPROGRAM
19 Junie 2022
- Erediens: Ds Kobus van Aswegen. Lukas 5:17-36. Jesus se liefde het ook ‘n skerper kant.
- Kleuterkerk (3-6jr) en Kleinkerk (Gr 1 en 2) in die kekrksaal vir poppeteater.
- Kategese: Gr 3 en 4 (Kamer 3), Gr 5 en 6 (Kamer 2), Gr 7-10 (Kamer 1) tydens die erediens. Gr 11 na die diens.
- Bevestiging van kerkraad
- Nuwe lidmate: Baie welkom! Meld asb na die diens by die diensspan in die portaal aan.
- Omgeegroepe soos deur leiers gereël. Lidmate wat nog by ‘n omgeegroep wil inskakel kan ds van Aswegen vanaand om 18:00 by die kerk ontmoet.
FOTOS
BEDIENINGS
Omgeegroep
Bedien mense t.o.v. verjaarsdae, siekte, nood, dood en begrafnisse.
Jeug
Ons missie: dat kinders deur toerusting en volhardende gebed gelei word om werklike Geesvervulde dissipels van Jesus Christus te wees. Ons doel is om kinders toe te rus deur spesifieke lesse met relevante temas vir elke ouderdomsgroep, om leiers op te lei om betekenisvolle verhoudings met die kinders te hê, om altyd in voeling te wees met die behoeftes van kinders, en om deur sang en praktiese lesse Jesus se liefde vir kinders duidelik te maak.
Vroue
Ons reël en beplan verskillende aktiwiteite wat vroue geestelik laat groei en hulle rol en plek in die gemeente, huwelik en gesin laat verstaan en uitleef.
Manne
Ons reël en beplan verskillende aktiwiteite wat mans geestelik laat groei en hulle rol en plek in die gemeente, huwelik en gesin laat verstaan en uitleef.